Die Twee Tuiniers Logo

Tuindiens vir Gevestigde Tuine

Volgehoue Tuinsorg. Persoonlike Diens.

’n Eienaar-gedrewe tuindiens met ’n unieke benadering, spesiaal vir huiseienaars wat waarde heg aan gereelde, langtermyn-tuinsorg.

HOEKOM ONS KIES

Wat Maak Ons Anders?

Tradisionele tuindienste het hoë uitgawes vir voertuie, toerusting, vullisverwydering en personeel. Ons model werk anders. Omdat ons kliënte self hul tuingereedskap voorsien en hul eie vullisverwydering reël, hou ons ons oorhoofse koste laag. Dit gee ons die kans om langer tyd op elke eiendom te spandeer, ’n persoonlike diens te lewer, en regtig te fokus op die volgehoue sorg van gevestigde tuine.

Onafhanklike Kontrakteurs

Ons werk uitsluitlik op ’n tuindiensooreenkoms-grondslag – as kontrakteurs, nie werknemers nie. Dus is daar geen arbeidswet-komplikasies of werkgewer drama nie.

Onbetwisbare Betroubaarheid

Ons daag altyd betyds op, en bevestig afsprake ten minste een dag vooruit. Selfs met reën sal ons kontak maak om herskedulering te bespreek, sodat jy nooit wonder nie.

Selfstandige Uitvoering

Streng uitvoering van ‘n ooreengekome tuinsorgplan, sonder enige toesig. Aaneenlopende werk as ’n hoë-intensiteit span verseker dat elke geskeduleerde taak voltooi word.

Tuingereedskap Onus

Kliënte voorsien en onderhou self alle nodige tuingereedskap, brandstof en elektrisiteit. Dit verlaag ons oorhoofse koste, wat langer tuindiensbesoeke teen bekostigbare pryse verseker.

ons dienste

Tuinsorg Oplossings

Ons behartig nie groot strukturele veranderinge nie – geen nuwe grasperke, groot nuwe blombeddings, of swaar installeerwerk nie. Ons neem tuine in hul huidige vorm en pas gereelde opruiming, snoeiwerk en stilering toe om hulle op hul beste te laat vertoon.

Basiese Tuinonderhoud

Sny gras en randte. Snoei struike en bome tot op veilige hoogtes. Versorg blombeddings. Maak plaveisel areas skoon – slegs met blaarblasers (blowers).

Plantegesondheid & Groei
Onkruidbeheer
ons voorkeur-tuine

Is Ons Die Regte Span Vir Jou Tuin?

Ons het mettertyd noodsaaklike voorkeure en reëls ontwikkel omdat ons ’n professionele diens lewer en ons werk ernstig opneem. Elke reël is daar om ons veiligheid en gesondheid te beskerm. Dit verseker dat ons konstante, hoëgehalte-resultate kan lewer binne die tyd wat ons het. Hierdie riglyne laat ons toe om te doen wat ons die beste doen: om eenvoudige, gevestigde tuine behoorlik, veilig en betroubaar in stand te hou – en dit is waarom ons twee jaar in ’n ry vir die “Best of Oudtshoorn” toekenning vir die beste tuindiens genomineer is.

Die regte tuine vir ons:

  • Klein tot medium grootte met grasperk areas
  • Netjies, eenvoudig en goed-gedefinieerd
  • Veilige, oop areas – nie oorgroeid of dig nie
  • Kan binne 2 of 4 uur onderhou word
  • Kliënte verskaf en onderhou self tuingereedskap
  • Kliënte reël self vir tuinvullisverwydering
  • Geen gevaarlike troeteldiere nie

Ons vermy beleefd:

  • Oorgroeide, ongetemde of onveilige tuine
  • Swaar opruimingswerk of erfskoonmaak
  • Eenmalige tuin projekte
  • Tuine sonder ‘n grasperk (droog, rotsagtig, Karoo-styl)
  • Tuine waar ons gereedskap moet deel met ander
  • Tuine waar ons op ‘n ongereelde basis benodig word.
  • Enige werk wat buite ons 2 of 4 uur sessie val
BEKOSTIGBARE OPSIES

Ons Diensopsies & Tariewe

Die standaardroetine is ’n twee-weeklikse besoek op dieselfde weeksdag, maar ons maak voorsiening vir weeklikse besoeke waar ons dagboek dit toelaat, en ook vir maandelikse besoeke waar die tuin dit kan hanteer.

4 ure maksIMUM

R300

per besoek

  • Ideaal vir medium grootte tuine
  • Besoeke duur maksimum 4 ure
  • Ten minste twee keer per maand vir volgehoue netheid en gesondheid
  • Kliënte voorsien self alle tuingereedskap

2 ure maksIMUM

R150

per besoek

  • Ideaal vir kleiner tuine, vinnige opknappings, of spesifieke take soos grassny
  • Besoeke duur maksimum 2 ure
  • Ten minste twee keer per maand vir tuine met vinnig groeiende areas
  • Kliënte voorsien self alle tuingereedskap
gereed om te begin

3 Stappe Na Jou Pragtuin

Kontak Ons

Vind ons op Facebook of klik hierdie WhatsApp-knoppie om ’n aanvanklike navraag te stuur.

Foto-Evaluasie

Ons benodig ’n lys van take wat verrig moet word tesame met ten minste vyf onlangse, duidelike foto’s van die gedeeltes in die tuin wat onderhoud benodig.

Skedulering

Na afloop van ‘n suksesvolle keuring, word ‘n onderhoudskedule opgestel sodat werk so spoedig moontlik kan begin.

wie is ons nou weer?

Die Twee Tuiniers Storie

Ontmoet Louw en Karin, die toegewyde paartjie agter Die Twee Tuiniers en ‘n lewensvennootskap van meer as 32 jaar.

Ons reis vanaf veeleisende IT-loopbane na professionele tuinmaak spruit voort uit ons groot liefde om verwaarloosde tuine te omskep in prag ruimtes, ‘n passie wat ons elke keer toegepas het by die baie huurhuise wat ons oor die jare gedeel het.

Deur ‘n behoefte vir betroubare tuinversorging, sonder die rompslomp van indiensneming of dienskontrakte waar te neem, het ons ‘n unieke offer geskep: die persoonlike aanraking van ervare tuiniers met die buigsaamheid van ‘n tuindiens.

Karin se diepgaande liefde vir die natuur en haar sorgsame geaardheid komplimenteer Louw se perfeksionisties en resultaatgedrewe benadering pragtig, wat ‘n formidabele span vorm om persoonlik hoë-gehalte tuinwerk te verseker. Ons streef daarna om Oudtshoorn se mees gesogte nis-tuindiens te word, en beperk doelbewus ons kliëntebasis om sodoende toegewyde aandag te verseker. Ons vordering hiermee was onlangs erken met ‘n “Best Of Oudtshoorn Readers Choice 2025” nominasie vir beste tuindiens!

ons werk hier

Van Ons Pragtuine

(vee links of regs oor die fotos)

noindex_ref1
previous arrow
next arrow
VERWYSINGS

Wat Sê Ons Kliënte

hello@dietweetuiniers.co.za

084 820 5768

Maandag tot Vrydag: 08H00 - 17H00

Publieke Vakansies: Gesluit

© 2025 Die Twee Tuiniers. Alle regte voorbehou.